Jy is wat jy eet

Uit Manna Maart/April  2008

Christo Lues

 

bad food

Met die moderne tegnologie wat beskikbaar is in landbou en voedsel verwerking behoort die kwaliteit van ons kos beter en beter te word. Die teenoorgestelde is egter waar, meer en meer siektes toestande ontwikkel en wel op ʼn vroeër ouderdom as in die verlede. Selde koppel media en ander bronne hierdie toename aan die moderne dieet wat ons het, anders as om te se ons moet geen vet eet nie.

 

In die vorige uitgawe het ons gesels oor water en hoe om jou liggaam skoon te maak deur die regte soort en hoeveelheid water in te neem. Ons sien hierdie as die eerste en die mees belangrikste begin om jou liggaam skoon te maak.

 

Die volgende legkaart stuk in die skoonmaak van jou liggaam is die kos wat ons eet.  Baie mense verkeer onder die wan indruk dat kos maar weinig invloed op ons liggaam het anders as om ons vet of maer te maak. Ons besef gewoonlik nie dat ons dieet direkte invloed op ons gesondheid het nie.

 

Met soveel verskillende opponerende diëte wat die lig sien, is dit geen wonder dat die meeste mense moed opgee om te probeer gesond eet nie.

 

Die meeste christene met wie ek konsulteer, glo, dis eenvoudig genoeg om te bid oor jou kos en dan is alles reg en goed vir die liggaam. Ek wonder soms of ons regtig verstaan wat dit beteken om te bid voor ons eet?

In die tye toe Jesus op die aarde geloop het, was daar nie die moderne preserveermiddels en prosesserings prosesse  wat daar vandag bestaan en wat  die oorspronklike voedsame kos stroop van uiters noodsaaklike mikro voedings stowwe nie. Die landbou was nie gekommersialiseerd soos vandag met kunsmatige voedings stowwe, groei hormone, genetiese modifikasie en gifstowwe nie.

Die voedsel van antieke tye was baie ryk in minerale, vitamiene en essensiële plantaardige chemikalieë.  

 

Die gebruik om vir jou kos te bid kon dus nie betrekking gehad het op die voedings waarde (of die gebrek daaraan nie) maar het eerder ʼn geestelike konnotasie. Daar was gereeld offers aan vreemde gode gebring. Paulus verduidelik dit baie mooi as hy sê dat enige iets waaroor jy bid geheilig of afgesonder gemaak word deur dit aan God te wy deur gebed. (1Timoteus 4:5)

Dit beteken nie dat ʼn stuk hout in ʼn filet verander word deur gebed nie, of dat jou uitstekende bemarkte gunsteling koeldrank van gif vir jou selle in ʼn lewegewende drankie verander nie.

 

Watter soort kos is dan reg en goed vir ons liggame?

Die bladsye van hierdie tydskrif is nie genoeg om dit breedvoerig te bespreek nie, maar ek sal ʼn paar riglyne gee waarvolgens jy jou dieet kan bepaal. Ek gee meer breedvoerig aandag aan die aspek in die reeks : Understaning the health puzzle.

 

In die tuin van Eden het God vir Adam en Eva gesê  wat hulle kan eet en dit was net plantaardige kos (Genesis 1:29-30).

 

Daarna kom die sonde val en God jaag hulle uit die tuin uit. Nadat hulle uit die tuin is, bly die dieet dieselfde. (Genesis 3:18)

 

Dan kom die sondvloed en nadat die aarde totaal verander het gee God vir Noag ʼn ander dieet. Hulle kon nou als eet wat beweeg. Met ander woorde, hulle kon nou alle vlies eet, asook plante. (Genesis 9:1-4)

 

unclean food

Van Noag tot by Moses verloop daar ʼn tyd waar mense als kon eet wat hul kon vang of pluk.

In Levitikus 11 verander God vir altyd die mens se dieet. Hier gee hy toe vir die mens net sekere kosse om te eet. God gee vir Moses ʼn koderings stelsel om te bepaal of iets rein of onrein is.

Vir meeste Christene is hierdie bepalings van die Ou Testament egter vergete wettiese reëls. Dis tog interessant dat ons die tien gebooie as tydloos sien en geen aandag gee aan wat God gee as dieet nie. Miskien moet ons weer kyk na wat God voorstel.

 

Ongelukkig word baie moderne christene verwar deur die wit laken wat Petrus gesien het (Hand 10:9-16). In kort was die betekenis van die wit laken uit die hemel met onrein diere daarin, nie dat onrein diere nou rein was nie, maar bloot dat die evangelie na die heidene geneem kon word(Hand 10:19,28). Meer hieroor in die DVD soos ek vroeër genoem het.

 

Wat sê God dan oor ons eet gewoontes?

Om die vraag in ʼn moderne samelewing te antwoord is dit belangrik om te sien wat God oor ons liggame sê:  

“Of besef julle nie dat julle liggaam ’n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie” 1 Korintiërs 6:19

Ons liggame is ʼn tempel van God. Dis duidelik uit hierdie en ander gedeeltes dat God sy tempels op aarde, goed daaruit wil laat sien. As jy jou tempel met gesonde voedsame kos bou, sal dit goed lyk en lank kan hou. As jy egter verfynde ongesonde kos  gebruik om jou tempel mee te bou gaan dit nie goed lyk nie en sommer gou siek word en verbrokkel.

 

 “Daar is mense wat sê: ALLES is my geoorloof.” Ja, maar nie alles is heilsaam nie. “Alles is geoorloof,” sê hulle. Ja maar alles is nie opbouend nie. (1 Korintiërs 10:23)  Sal jy byvoorbeeld dood neerslaan as jy vark eet? Nee, beslis nie, maar gereelde gebruik daarvan kan nare gevolge hê (moderne wetenskap bevestig dit), so ook van die ander soorte kosse wat God sê ons nie behoort te eet nie.

 

Deur ondervinding het ek gesien dat as die mens probeer om God se skeppings reëls en voorskrifte te verbeter, dit gewoonlik katastrofies eindig.

 

In daaglikse konsultasies met honderde kliente het ek oor jare gesien dat daar basies drie groot allergene is.

 

Die eerste is koring produkte. Ja u het reg gelees – koring. Die probleem daarmee is dat die oorspronklike koring sewe gene gehad het maar deur dit te “verbeter” sodat dit pes bestand is, in amper enige toestand groei en baie groot opbrengste kan lewer, word dit nie meer effektief deur ons spysverterings ensieme afgebreek nie. Dit veroorsaak dan dat ons liggame verskeie negatiewe reaksies toon. Omdat koring in amper alles is wat ons eet, verbind ons dit selde aan ongemaks toestande soos spysverterings, vel, sinus en ander probleme.

ʼn Wonderlike plaasvervanger vir koring is spelt. Spelt is baie nader aan die oorspronklike koring korrel. Dus verstaan ons liggame hoe om dit af te breek en te gebruik. Moenie skrik nie – kyk net rond in gesondheids winkels en jy sal dit maklik opspoor. Gebruik jou eie bestaande resepte en vervang jou koring meel eenvoudig met spelt meel.

 

Die tweede groot allergeen is melk en melk verwante produkte. Ons gebruik melk, kaas en jogurt op ʼn daaglikse basis. Omdat melk gepasteuriseer en gehomogeniseer word, word al die ensieme wat God daarin geplaas het om ons liggame te help om dit te verteer vernietig. In ons spysverterings stelsel heers daar dan konstante oor produksie van spysverterings ensieme wat in mukus voorkom. Sistemies verhoog mukus produksie in ons liggaam en ons is meer geneigd tot lugweg infeksies, sinus probleme en oor probleme soos ons sien in klein kindertjies wat gereeld jogurt eet en melk drink. Borsmek is ALTYD die beste.

In die plek van melk kan rys melk met gemak gebruik word. Nou wonder jy dadelik waar jy jou kalsium gaan kry? Wel, die kalsium wat jy uit die melk behoort te kry is maar taamlik moeilik absorbeerder vir jou liggaam omdat die pasteurisasie proses die kalsium kristal struktuur beskadig. Soos ek in die vorige artikel genoem het is die koraal kalsium in die water ʼn beter opsie vir goeie kalsium. Donker groen blaar groente is ook ʼn goeie bron van kalsium.

 

Die derde groot allergeen is suiker.

images-34 copy 5

Meeste mense dink hulle gebruik min suiker. Dit mag wees, maar het jy al oorweeg hoeveel verskuilde suiker jy inneem in koeldranke, fyngebak, ontbyt graan, nageregte, roomys, toebroodjie smere, koffie en tee?

 

Omdat suiker ongeveer sewentien keer verfyn word voordat jy dit inkry, is dit totaal gestroop van alle goeie mikro voedings stowwe en kry jy basies suiwer glukose in.

Glukose vereis amper geen omskakeling in jou spysverterings kanaal nie en word baie vinnig deur die liggaam opgeneem en maak jou buierig omdat dit jou bloed suiker vlakke te vinnig laat styg. Na so ʼn vinnige styging reageer die liggaam deur oor te kompenseer en te veel insulien af te skei, wat jou bloedsuiker vlak weer te vinnig laat daal. Dit is hoekom jy so ʼn emosionele “hoog” ervaar nadat jy suiker ingeneem het, maar kort daarna ʼn laagtepunt beleef, as jou bloedsuiker vlak weer val. Op die langduur kan dit jou kanse op diabetes baie verhoog.

Suiker onderdruk ook jou immuniteits stelsel. Dit maak dat jy meer vatbaar is vir bakterie wat jou selle probeer binne dring.

Die beste plaasvervanger vir wit of bruin suiker is natuurlijke "Rapandura" Suiker. Dit kan ook met gemak in gebak gebruik word en werk net soos suiker in en die hoeveelhede bly ook dieselfde as suiker in jou resepte. Kunsmatige versoeters is nooit ʼn goeie alternatief vir suiker nie.

 

In kort is dit belangrik om die dinge uit jou dieet te verwyder wat die meeste probleme veroorsaak. Oor ʼn lank tyd met baie mense het ek besef dat koring produkte, melk produkte en suiker die meeste gesondheids wanbalanse veroorsaak of vererger.

Ek glo ook ons moet terugkeer na die Woord en meer aandag gee aan wat God voorstel as goed sleg vir sy skepsels en gelukkig is daar wonderlike gesonde voedsame alternatiewe wat ons met gemak kan gebruik om ons boere etes aantreklik en smaaklik voor te berei.

 

© Eirene Health Shop 2017